Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rose loop rieme styf

Rose loop rieme styf
 
2009-04-02


ROBERTSON se eerste rugbyspan het verlede Saterdag verras deur Roses United met 42-20 te klop op Pelikaanpark in Wellington.

Die telling vlei egter vir Robertson aangesien Roses talle sagte drieë afgestaan het met uiters onoordeelkundige spel.

Dit was weereens die Rose se agterlyn wat teleurgestel het.

Die tuisspan se voorspelers kan meer tevrede voel aangesien hulle hulself goed van hul taak gekwyt het teen hul swaarder teenstanders van Robertson.

Veral Ignatius Korabie en Randall Hefca het voorlangs uitgeblink vir die Rose.

Die goeie balbesit wat deur die Rose se voorspelers gewen was, is egter keer op keer afgestaan deur die agterlyn.

Soos sake tans staan, lê daar harde werk voor vir die Rose indien hulle hoegenaamd hierdie jaar ’n faktor in die Premierliga wil wees.

Die Rose pak eerskomende Saterdag vir Black Leaves op Gansbaai.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za