Paarliete in finaal op Bolandpark
2009-04-02
Jaco van Wyk
SATERDAG gaan die vuurwerke spat op Boland Park wanneer die krieketspanne van Boland en Kwazulu Natal mekaar takel in die finaal van die KSA South African Airways Eendag Kompetisie. Die wedstryd skop om 10:00 af. Vier spelers van Paarlse klubspanne sal vir die Bolanders in aksie wees. Hulle is Godfrey Stevens, Leroy Walters (albei van Paarl Krieketklub), Waylin September en Morné de Vries (albei van Paarl-Oos Krieketklub). Boland, wat afgerig word deur Salieg Nackerdien (hoofafrigter) en Nathaniel Tsolo (assistent-afrigter), het verlede Saterdag met 5 paaltjies geseëvier oor die span van Kwazulu Natal Inland in die halfeindronde van die kompetisie. Dit is die derde keer in die laaste vier jaar wat Boland na die finaal deurdring. Die span vir Saterdag se finaal bestaan uit: Emile Kriek (Maties), Omphile Ramela (Maties), Godfrey Stevens (Paarl KK), Lennert van Wyk (Maties), Rayno Arendse (kaptein, Hermanus KK), Quinton Kannemeyer (Vredenburg/Saldanha), Leroy Walters (paaltjiewagter, Paarl KK), Waylin September (Paarl-Oos KK), Johan Bothma (Maties), Jacques van Wyk (Coronations), Hennie de Wet (Brackenfell) en Morné de Vries (twaalfde man, Paarl-Oos KK).
More
News
|