* Hoekom stel Drakenstein nie metropolisiebeamptes aan vir die groot munisipale gebied nie? Daar is talle polisiereserviste daar buite sonder werk. Ricky
* Wapenwet is nog sous vir die soustrein, maar wapens steeds maklik bekombaar.
* Mense wat kla oor sigaretstompies - verskoon maar die rokers dis verstandlose zombies wat gifpyltjies suig. Johan
* Bishops beat Gym at Newlands Tuesday evening. Great to see,after last year’s despicable behaviour of Gym boys and parents.
* Almal wat tik aan my broer verskaf en aan ander se kinders... ons sal julle nog kry.
* Asb Paarl Post, goeie werk, ek weet dis realiteit maar moenie lyke plaas in gemeenskapskoerant!
* Ek kom nou net uit Taiwan met sy lae misdaad terug na SA en moet maar weer aanpas!
* Nie alle polisielede is korrup nie. Die gemeenskap moet die slegte SAPD-lede uitwys wat die polisie se naam weggooi, want hul weet wie dit is, maar is te bang om te praat. Margaret
* Verlede naweek was net skrikmaak met blokkade in Klein Drakensteinweg ná ongeluk - hierdie naweek toe gaan die jagery net weer aan.
* Elke week is daar ’n ongeluk in Klein Drakensteinweg, wat moet nog gebeur voor spoedhobbels aangebring word of voordat die kameras weer in werking tree?