Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Het ander pasiënte dieselfde probleem?

Het ander pasiënte dieselfde probleem?
 
2009-04-09


EK dink Paarl het van die beste dokters, maar ai as dit by die administrasie kom, is sommiges uiters onprofessioneel.

Ek was in 2003 ’n pasiënt van ’n plaaslike dokter en moes ses maande wag voor ek die eerste keer ’n rekening gekry het. Die mediese fonds se eistydperk is vier maande waarna die eis dan as oud beskou word.

Ek het sonder enige teëstribbeling die rekening kontant vereffen (wat heeltemal onnodig was aangesien ek maandeliks mediese fonds bydraes maak).

Net ’n jaar daarna (2004) het ek van die staanspoor af die spreekkamer geskakel om asseblief my rekening te faks sodat ek dit self by die mediese fonds kan indien.

Na ’n hele paar oproepe het dit ook nie gebeur nie.

My eis was weereens nie binne vier maande ingedien nie. Op daardie stadium het ek genoeg gehad en aangedring om self met die dokter te praat.

Hy het vir my gesê ons is net menslik en almal maak foute. Waarop ek vir hom gesê het dis die tweede keer en geweier het om die rekening te betaal.

Terwyl ek op kraamverlof was, kry ek sowaar ’n oproep van die prokureurs. Die mediese fonds het intussen die rekening betaal, maar die dokter het my steeds oorhandig.

In 2007 neem ek my kind weer na die dokter toe in die hoop dat hul administrasie­kwessie al uitgesorteer is.

Na meer as ses maande kry ek vir die eerste keer ’n uitstaande rekening wat ek weer kontant betaal het, omdat dit weer laat ingedien was - ’n onnodige uitgawe waarvoor ek nie begroot het nie.

In 2008 - vyf jaar na die eerste insident - word die proses weer herhaal en ek moet weer kontant opdok. Ek neem my voor dat dit die laaste was.

In 2009 kry ek, kan jy dit beleef, sowaar ’n finale waarskuwingsbrief vir my 2008 rekening. Ek was buite myself van woede. Ek weet nie of die rekeninge uitgekontrakteur word en of die personeel dit self doen nie, maar iemand doen nie hul werk reg nie.

Benadeel




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za