Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Babakamer by Mall word regtig misbruik

Babakamer by Mall word regtig misbruik
 
2009-04-09


EK wil graag vra, aan oud en jonk, om asseblief nie die babakamer by die Paarl Mall te gebruik indien jy nie ’n kind of baba het nie.

Daar is slegs twee babakamers in die Mall en oorgenoeg “grootmens”-toilette om te gebruik. Dit is seker nie nodig dat daar iemand moet staan om jou in die regte rigting te wys nie, of hoe?

Die skuldiges weet goed, ek het hulle al mooi laat verstaan dat ek nie gelukkig is met hulle nie.

Dit gaan my verstand te bowe waarom iemand die babakamer wil gebruik as daar 12 ander toilette reg langsaan is wat vir dié doel gemaak is.

Ek het al menige kere met my tweejarige, wat ek besig is om te potty train, inderhaas by die babakamer aangekom en dan is dit beset - net om uit te vind dat dit ’n jong dame is wat alleen daarin is. Wat sy daar maak weet nugter alleen!

Wil jy dalk so graag op die klein kindertoilet sit? En dan glimlag sy nog vir my as sy daar uitstap terwyl my kind se gesiggie al bloedrooi is van knyp.

Ek is seker dit is ’n frustrasie vir menige ander mammas wat met hierdie selfde probleem sit.

So asseblief, dink aan die kinders voordat jy weer by daardie babakamer instap.

Dis heel eenvoudig (daar is mos ’n prentjie op die deur) – as jy nie ’n kind of baba by jou het nie - gebruik die algemene toilet en nie die babakamer s’n nie.

Gefrustreerde ma




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za