Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pasop, sakkerollers

Pasop, sakkerollers
 
2009-04-09


DIS nou die tweede keer dat ek byna die prooi was van sakke-rollers (pick pockets) wat in Lady Greystraat in die Paarl by die voetoorgang by Checkers, bedrywig is, veral op Saterdagoggende.

Deur middel van hierdie skrywe wil ek die gemeenskap waarsku teen hierdie bendes, want hulle “werk” of moet ek liewer sê steel in ’n groep. Hulle teiken ’n slagoffer, volg hom ’n entjie, dan buk een skielik voor die persoon sodat hy/sy moet stilstaan sodat die ander rower die persoon se beursie of iets waardevols van die persoon kan steel.

Toestande van sypaadjies wat onwettig versper word deur die talle smouse in die midde-dorp is die bron van hierdie euwel waardeur mense van hul swaarverdiende geld en besittings beroof word.

Wees gewaarsku en wees asseblief op julle hoede. My beroep op die owerhede is om aandag aan hierdie euwel te skenk deur polisiemanne en- vroue op voetpatrollie te plaas om die rampokkers te verwilder. Laat ons sien wat gebeur!JWS




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za