Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Infrastruktuurheffing slaan hard

Infrastruktuurheffing slaan hard
 
2009-04-09


EK skryf na aanleiding van die artikel “Granny will cost an arm and a leg” deur Anne Kruger in die Paarl Post van 26 Maart.

Ek is self ’n tegnoloog in die Drakenstein-gebied en dien gereeld planne in vir aanbouings en veranderings. Ek het die laaste paar maande al ’n paar ongelukkige kliënte gehad wat rekeninge ontvang het vir die “bulk infrastructure contribution levy” (BICL) soos gehef deur die stadsingenieurs-afdeling.

Dit is ’n addisionele heffing bo en behalwe die gewone ondersoekgelde wat normaalweg betaalbaar is wanneer planne ingedien word.

Dit geld nie slegs vir tweede wooneenhede soos genoem in die artikel nie - die heffing is vir enige nuwe woning of aanbouing aan ’n bestaande woning.

Die dokument wat die beleid uiteensit noem dit “further densification on a residential erf that places an additional burden on the services”.

Die totale oppervlakte van die woning (die bestaande plus die nuwe aanbouing) word in berekening gebring. Aanvanklik het ons verstaan dit is net as daar wel ’n badkamer ingesluit is by die aanbouing, maar ek moes onlangs verneem dit is enige aanbouing – of daar riool betrokke is of nie.

Oppervlaktes tussen 120m² en 200m² met ’n markwaarde van tot R240 000 word pro rata belas met R3 676 per diens vir water, riool en elektrisiteit.

Oppervlaktes van tussen 200m² en 400m² met ’n markwaarde van meer as R240 000 word pro rata belas met R7 353 per diens vir water, riool, elektrisiteit, stormwater en paaie.

Aanbouings groter as 120m² of totale oppervlak groter as 400m² betaal die maksimum van R36 765 ongeag die waarde van die aanbouing of die werklike las wat addisioneel by die dienste gevoeg word (aanbouing van stoepe is wel uitgesluit).

Dit maak heeltemal sin indien dit slegs vir tweede wooneenhede gehef word, want dit sou beteken meer inwoners en die las op die dienste raak groter.

Maar die aanbou van ’n vertrek soos ’n braaikamer, slaapkamer, stoor? Watter bykomende las plaas dit op die riool of paaie?

Eienaars gaan nou eenvoudig voort met bouwerk sonder planne en sonder professionele raad.

Dit belemmer dus ook die pogings van die munisipaliteit se bouplanafdeling wat wettige bou­werk probeer aanmoedig.

Die las rus dus weer eens op die wetsgehoorsame burgers, wat reeds die munisipale rekeninge met al die nuutste verhogings betaal, om die munisipaliteit verder te dra met die addisionele heffings.

Wat nou nog?

Ontevrede




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za