Word deel van wenspan
2005-08-11
VIR die afgelope 14 jaar word die Drakenstein gemeenskap deur Drakenstein Hospice bedien. Daar word tans na 250 pasiënte per maand omgesien en hul betrokkenheid by verskeie aspekte gaan van krag tot krag.
Hospice is besig met die beplanning van opwindende projekte en wil graag die gemeenskap nooi om as vrywilligers deel te neem daaraan.
Vir hierdie doel word onder meer vrywillige ontvangspersoneel, administrateurs, projekbestuurders, rekenaaroperateurs, spyseniers, voertuigbestuurders, dagpersoneel en winkelassistente benodig.
In September word ‘n inleidingskursus vir vrywilligers beplan om die doel van Hospice en sy etiek bekend te stel.
Die kursus sal oor ‘n periode van agt oggendsessies, wat oor een maand strek, aangebied word en die koste daaraan verbonde is R150.
Aansoekvorms is verkrygbaar by die Hospice kantoor te Bredastraat, Paarl, tel 872-4060 of by www.drakenstein.org.za.
More
News
|