Jong vrou sterf aan asma
2009-04-09
’n JONG vrou is verlede Donderdag dood, nadat sy ’n asma-aanval gekry het. Marelise Sebastiaan (20) van ’n plaas in die Bovlei, het dié middag toevallig besoek afgelê by die Wellington Daghospitaal vir haar maandelikse ondersoek. Onderweg terug huis toe het sy in Kollegestraat ’n asma-aanval beleef. Sy het na ’n sekuriteitswag voor Navarre-koshuis gestap om hulp te vra, maar het voor hom op die sypaadjie inmekaargesak. Sy is op die toneel dood.
More
News
|