Valiant Swart tree op in tuisdorp
2009-04-09
DIE welbekende Valiant Swart kom maak weer op 18 April, om 20:00, ’n draai in die Breytenbach-sentrum waar hy in die Bôrdienghuis-teater sy naam as die Mystic Boer weer gestand sal doen. Valiant, 'n legende van die Afrikaanse musiekbedryf, het groot- geword in Wellington.Tydens Valiant se eerste vertoning in die Bôrdienghuis-teater het hy vertel van sy ontmoeting met Breyten Breytenbach en sy ervaringe van die dorp en sy hoërskooldae. Kaartjies is R80 en besprekings kan by 021-873-2786 gedoen. Vir meer inligting, skakel 021-873-2786, of besoek die webtuiste www.breytenbachsentrum.co.za of jy kan ’n e-pos stuur na theokemp @breytenbachsentrum.co.za.
More
News
|