Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skrootrekenaars verdwyn

Skrootrekenaars verdwyn
 
2009-04-09


SKOOTREKENAAR-diefstal vier steeds hoogty in dié gebied. Jaarliks word honderde skootrekenaars vanuit besighede en wonings gesteel, selfs vanuit die munisipale hoofkantoor in die Paarl. Die nuutste voorval het vandeesweek plaasgevind, toe ’n man by Van Wyk & Gouws Finansiële Adviseurs in Van der Lingenstraat aangeklop het. Die goedgeklede, netjies man het gesê dat sy pa, ’n mnr Cupido, ook ’n makelaarsbesigheid het. Hy is deur sy pa gestuur om Wilhelm van Wyk se kontakbesonderhede te kry.

Van Wyk het dit vir hom gegee en hy is daar weg.

Maar enkele minute nadat die man die pad gevat het, het een van die werknemers teruggegaan na haar kantoor toe nadat sy tee gedrink het, net om te vind dat haar skootrekenaar vanaf haar lessenaar gesteel is.

Teen dié tyd het die besoeker reeds spoorloos verdwyn.

’n Woordvoerder van die polisie het gesê dat daar oënskynlik ’n groot aanvraag is vir tweedehandse skootrekenaars.

“Die publiek besef nie hoe maklik dit is om dié rekenaars te steel nie, want anders as gewone rekenaars wat lomp is en baie drade het, kan ’n skootrekenaar se kragdraad eenvoudig uitgetrek word en die dief loop dan onopsigtelik uit die gebou met die rekenaar onder sy arm.

“Mense moet nooit hul skootrekenaars sonder toesig los nie, anders moet dit toegesluit word.”

Skootrekenaar-gebruikers kan wel ’n slot vir hul rekenaar koop wat dit vasmaak aan die lessenaar.

Die polisie vra ook vir die publiek om die reeksnommers van hul rekenaars en ander toerusting neer te skryf om sodoende sulke items te identifiseer indien die goedere teruggevind word.

* Thieves are still targeting laptop computers in office buildings.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za