Hokkietoernooi by Gim lok spog-skole
2009-04-09
VANAF Vrydag 3 April tot Maandag 6 April het Hoërskool Gimnasiumn 'n Seuns o.16 Hokkietoernooi aangebied op die skool se Astro-hokkiebaan. Skole soos Gim (o.19B en o.16A), Somerset College, Parelvallei, Paul Roos en DF Malan was in aksie. In die finale wedstryd, wat Maandag plaasgevind het, het die o.19B-span en die o.16A-span van Gim kragte gemeet. Gim se o.16’s het dié kragmeting 1-0 gewen.
More
News
|