Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Swemmers laat water kook

Swemmers laat water kook
 
2009-04-09


PAARL AQUARIUS se swemmers het onlangs, vanaf 28 tot 31 Maart, die medaljes ingeryg tydens die SA Nasionale Ouderdomsgroepe-swemkampioenskappe in Nuweland.

In die Vlak 2-afdeling het Darren Solomons ’n skittervertoning gelewer (Darren het ’n vlak 3 tyd geswem) om ’n goue medalje (50m vryslag) en twee silwer medaljes (50m rugslag en vlinderslag) huis toe te bring.

Dit was egter in die vlak 1-afdeling van die kampioenskappe waar Aquarius se swemmers hul stemme die dikste gemaak het.

Tricia Apollis (o.14) was voor in die koor met goue medaljes in die 50m borsslag en 100m vlinderslag, en silwer medaljes in die 100m borsslag, 200m borsslag en 50m vlinderslag.

Die ander swemmers wat goud verower het, was Amber Abrahams (o.12, goud in 200m borsslag en 200m IM, silwer in 100m borsslag) en Nathan Baxter (o.14, goud in 200m borsslag en silwer in 100m borsslag).

Helen Prins (o.13, brons in 200m borsslag en silwer in 200m vryslag) en Darren Minnies ( silwer in 100m rugslag en brons in 100m vryslag) het self goed vertoon.

Ander swemmers van Paarl Aquarius wat in aksie was tydens dié kampioenskappe, was (vlak 3) Nina Hess, (vlak 2) Stephan Fredericks, Kayla Manuel en (vlak 1) Tracy-Lee Baxter, Tamaryn-Lin Baxter, Bryce Cupido, Björn van Dyk, Tara Moerat en Ethan Fredericks.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za