Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kuns/Arts Calendar

Kuns/Arts Calendar
 
2005-08-11


Teaterkafee: Elzabé Zietsman is tot Saterdag by Dorpstraat op Stellenbosch met ‘smallchange’. Maandag is Rooibaardt daar, Dinsdag is dit Hanru Niemand en Woensdag Delta Blue. Op 18 Augustus is Celsius aan die beurt, met Brian Finch op 19 Augustus. Navrae by 886-6107 of info @dorpstraat.co.za.

Boekpraatjies: Saterdag word die Afrikaanse boek gevier as deel van die Vriende van Afrikaans se landswye projek. Lina Spies, Marina le Roux, Rensia Robinson, Gerrit Brand en Piet Grobler sal almal om 11:00 in Protea Boekwinkel (Stellenbosch) teenwoordig wees om oor Afrikaanse boeke wat ’n onuitwisbare indruk op hulle gemaak het, te gesels. Skakel 882-9100 vir meer besonderhede of besoek die webblad www.proteaboekhuis.co.za.

Endler: Die bekroonde orrelis Mario Nell, en hobo-speler André van Daalen, lewer Saterdag om 20:00 ’n uitvoering in die Endlersaal, US Konservatorium. Kaartjies is R55 (R30 vir seniors, studente en skoliere) by die deur, of vooraf by 808-2345.

Tygerbergkoor: Die bekroonde Tygerberg Kinderkoor is Vrydag om 20:00 in die Hugo Lambrechts Musieksentrum, Parow en Sondag om 15:00 in die Endlersaal, Stellenbosch. Kaartjies by Yvonne Basson, 948-4046.

Choir concert: The Pro Cantu Youth Choir will be presenting their annual gala concert on Saturday at 19:00 at the Hugo Lambrechts Music School in Picton Street, Parow. Tickets are R35 (R25 for pensioners and R15 for scholars and students). Seats for Saturday night’s concert can be reserved at 083-714-2694.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za