Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bekendes praat by Agri Week

Bekendes praat by Agri Week
 
2009-04-09


BEKENDE ekonome en landboukenners tree volgende Donderdag en Vrydag op as sprekers by die Agri Cape Week wat by Hoër Landbouskool Boland in die Paarl aangebied word.

Dr Roelof Botha, ’n bekende ekonoom, is Vrydagoggend tussen 08:00 en 13:00 tydens Agri Wes-Kaap se streeksvergadering die genooide spreker. Hy praat oor “Die tyd is nou” in die eetsaal van Huis Nico Malan.

Tobias Doyer van Santam gesels later die dag (14:00 tot 17:00) oor die opkomende landbou.

Vrydagoggend om 08:00 word ’n besigheidsontbyt gehou waar die effek, tendense en vooruitskouings rondom landbou-kommoditeite in die lig van die huidige ekonomie, bespreek word.

Sprekers by die geleentheid is Cees Bruggemans (FNB), Anton Rabé (vrugtebedryf), Su Birch (wynbedryf) en Jan van Zyl: Direkteur van Landbou-inligting en Bemarking. Wiehahn Victor, hoof uitvoerende beampte van die Inmaakvrugte Produsentevereniging, tree as fasiliteerder op.

Vrydag van 10:00 is daar ’n werkswinkel oor die Landbou BEE Handves en om 11:00 bied Vinpro ’n inligtingsdag oor gepaste kultivars vir klimaatsverandering in die Wynlande.

Daar is ook ’n voldagkursus in hidroponika en kweekhuise die Vrydag.

Die Saterdagoggend word gewy aan ’n plaaswerkerskonferensie.

Die Cape Agri Week bied oor die drie dae ’n propvol program aan wat werkswinkels, tentoonstellings en kursusse insluit, asook ’n vrouedag die Donderdag van 09:30 met skryfster Annelie Botes as spreker by die laat-ontbyt.

Vir meer besonderhede, besoek www.agrimega.co.za.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za