Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Springers proe sukses

Springers proe sukses
 
2009-04-09

Jaco van Wyk

TWEE paalspringers van die Paarl, Taahirah Kozain van Hoërskool Gimnasium en Kulthoom Gaidien van Hoër Meisieskool Paarl, is tans besig om hul tuisdorp se naam die hoogtes in te spring.

Onder afrigting van Louis Nienaber weet Taahirah en Kulthoom nie meer hoe dit voel om na groot atletiekbyeenkonste huis toe te keer sonder medaljes om hul nekke nie.

Hul pad na die SA Hoërskole Atletiekkampioenskappe, wat vandeesweek in Durban plaasvind, lyk soos volg:

Vroeër vanjaar het Taahirah (o.17) en Kulthoom (o.15) albei eerste plekke behaal tydens die Boland-proewe en die Boland-Sentraal Kampioenskappe (Kulthoom se hoogte van 3,10m by die Boland-proewe was ’n nuwe rekord). Beide byeenkomste was op Coetzenburg-stadion aangebied.

Tydens die Wes-Kaap Kampioenskappe wat op Daljosafat-stadion aangebied was, het beide springers weereens goud verwerf.

Hierna het hulle gaan deelneem in die o.18-afdeling van die Atletiek Suid-Afrika Jeug en Junior Kampioenskappe in Pretoria.

Hoewel hulle in ’n ouer ouderdomsgroep moes meeding, het dit nie een van die twee gekeer om medaljes te verwerf nie.

Taahirah het ’n silwer medalje ingepalm en Kulthoom het brons verower.

Eergister het albei paalspringers deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Hoërskole Atletiekkampioenskappe in Durban.

Terwyl Kulthoom puik presteer het om ’n goue medalje tydens dié kampioenskap los te spring, kon Taahirah net-net nie die eerste plek in haar ouderdomsgroep behaal nie.

Taahirah het egter steeds ’n silwer medalje gewen.

In Jani Smit van Hoërskool Gimnasium (o.17, brons by SA’s ) en Nadia Gilliome van Hugenote Hoërskool (o.15, silwer by SA’s) is daar nóg twee plaaslike dogterspringers wat, na afloop van ’n goeie seisoen, stip dopgehou moet word.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za