Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skryf tydskrifverhale

Skryf tydskrifverhale
 
2009-04-09


TYDSKRIFVERHALE verskil van kunsverhale of literêre kortverhale in dié opsig dat hulle as voorvereiste leesbaarheid en lesersvriendelikheid voorop stel.

Navorsing toon dit is die plek waar lesers wil ontspan en ’n bietjie asem wil skep.

Die bekende skrywer Elize Parker, gaan saam met die ewe gewilde skrywer van veral spanningromans, Francois Bloemhof, ’n werkswinkel oor die skryf van tydskrifverhale by die Breytenbach-sentrum op 8 en 9 Mei aanbied.

Stuur jou eie tydskrifverhaal in teen 20 April na theokemp@breytenbachsentrum. co.za as jy aan die skryfskool wil deelneem.

Die kostes vir die skryfskool beloop R600 per persoon en dit sluit in ligte verversings en studiemateriaal wat vir die werkswinkel benodig word.

Vir meer inligting, kontak Theo Kemp by 021-873-2786 of jy kan jy hul webtuiste besoek by www.breytenbachsentrum .co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za