Paarl Muurbalklub se eerste spanne val vas
2009-04-09
BEIDE die eerste mans- en damesmuurbalspanne van Paarl Muurbalklub het verlede week vasgeval teen hul onderskeie opponente. Paarl se mans het 7-12 verloor teen Maties en Paarl se dames het 5-11 verloor teen WP Klub. Paarl twee en drie het albei 10-8 gewen teen Oakdale en CPUT onderskeidelik. Paarl se vierdes het 1-14 verloor teen WP Klub en die vyfde span het 14-2 gewen teen Radloff Park. Paarl se sesde span het 7-11 verloor teen Vishoek, die sewende span het 14-2 gewen teen Old Mutual, die agtste span het 6-13 vasgeval teen Oakdale en die negende span het vir Oakdale getroef met 9-6. Paarl se tweede damespan het 3-14 verloor teen Vishoek.
More
News
|