Pedro Kruger in `Oorlog'
2005-08-11
’n NUWE eenmanvertoning met Pedro Kruger, “Oorlog!”, is op Saterdag 20 Augustus om 19:00 vir 20:00 te sien by Hugenote Laer op Wellington.
Hierdie splinternuwe musiekteaterstuk is weer eens die produk van die gedugte span van Hennie van Greunen (teks/liriek) en Pedro Kruger (musiek). Dit toets Pedro se talent as storieverteller, akteur, pianis en sanger tot die uiterste.
Dis Desember 1983. Seisoentyd in Mosselbaai. Die tyd van ’n Buffalo Soldier in ’n Mad World.
Die verteller van Blougat is terug en dié Desember besluit hy om sy stamboom te klim, tot heel bo, en om uit te vind waaraan Tannie Kateriena dood is net na die oorlog, wat ouma bedoel het met haar laaste woorde (Kussing, o kussing...), hoekom die hele familie elke Desember sonder hulle mans en vrouens in die ou army tent agter in Antie Sadie se yard kamp.
Kaartjies is R60. Besprekings by Write Shop, Wellington.
More
News
|