Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Taalmonument bied pret vir kinders

Taalmonument bied pret vir kinders
 
2009-04-09


DIE afgelope maand se verwoestende brande op die Paarlberg het heelwat skade aan die inheemse plantegroei veroorsaak, maar die Taalmonument het ongedeerd gebly en staan stewig.

Die Taalmonument vier Woensdag 15 April Internasionale Monumentdag met hope pret asook opvoedkundige leersessies vir besoekers en leerders.

’n Opwindende skattejag met leidrade van feite oor die monument asook etlike leidrade van wetenskaplike aard, wat nie algemeen bekend is oor die ontwerp en konstruksie van die taalmonument nie, sal aangebied word. Die leidrade word versteek in en rondom die monument en leerders kan so aktief en op speelse wyse bewus gemaak word van hulle unieke erfenis.

Toegang is R12 (R5 vir studente en R2 vir kinders).

Vir meer inligting, kontak 021-872-3441.

Die monument is steeds elke dag oop vir besoekers en toeriste vanaf 08:00 tot 17:00. Begeleide toere is ook beskikbaar.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za