Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland baas in krieket-finaal

Boland baas in krieket-finaal
 
2009-04-09


DIE krieketspan van Boland het Saterdag maklik klaargespeel met die span van Kwazulu-Natal in die finaal van die SA Airways Eendagkompetisie op Boland Park.

Godfrey Stevens van Paarl Krieketklub was met die kolf en die bal die groot doring in die vlees van die besoekers.

Met die Natallers wat eerste gekolf het en ’n lopietotaal van 204/9 behaal het, het Stevens 40 onoorwonne lopies bygedra tot Boland se 208/4.

Stevens het ook die meeste paaltjies (3/43 na 8 boulbeurte) vir Boland ingepalm.

Omphile Ramela van Maties KK het 50 lopies (7x4) bygedra vir die Bolanders, en Quinton Kannemeyer van Vredenburg/Saldanha KK het 38* lopies (5x4 en 1x6) behaal.

Jacques van Wyk (2/28) van Coronations KK, Hennie de Wet (2/27) van Brackenfell KK en Waylan September (1/41) van Paarl-Oos KK was die ander boulers wat paaltjies platgetrek het.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za