Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Christusfees 2009

Christusfees 2009
 
2009-04-09


PLAASLIKE gemeentes en jeuggroepe gaan vanaand 19:00 ’n groot fakkel by Victoriapark aansteek, en beweeg van daar na die VGK Bergrivier vir ’n Paas-nagmaaldiens om 19:30 as deel van die jaarlikse Christusfees wat elke jaar tydens Paasfees op Wellington gehou word.

Op Goeie Vrydag 10 April om 18:00 word Die Kruishout by die VGK Bergrivier opgevoer, met ’n jeugdiens Saterdag om 19:30.

Sondag 12 April word ’n Opstandings-biduur om 07:00 by die begraafplaas (hoek van Champagne- en Piet Retiefstraat) gehou en ’n korefees word om 17:30 by die Boland-stadion aangebied waar verskeie kore sal optree.

Die fees word om 19:00 daar afgesluit met ’n feesdiens gelei deur prof Johan Cilliers. ’n Kollekte sal tydens die diens opgeneem word.

In geval van reën sal die diens by die NG Moederkerk gehou word.

Kontak Lea Adams by 082-959-1869 of Sean Fortuin by 073-890-9383.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za