Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl stel teleur met gelykop-uitslag

Paarl stel teleur met gelykop-uitslag
 
2009-04-09

Jaco van Wyk

DIE manne van Paarl Rugbyklub sal hul sokkies moet optrek indien hulle dié seisoen wil voldoen aan die hoë verwagtinge wat vanjaar vir die klub gestel is.

Nadat Paarl in sy vriendskaplike wedstryde vroeër dié seisoen goeie wedstryde beleef het teen top-klubs Goodwood (Paarl wen 38-26), Helderberg (Paarl verloor 28-36) en Kraaifontein (Paarl wen 30-20), het die manne in blou Saterdag teleurgestel deur ’n gelykop-uitslag te behaal op die Brugstraat-velde teen hul opponente van die Strand, St Georges.

Die eindtelling was 31-31.

Tydens dié wedstryd, Paarl se eerste liga-wedstryd van die seisoen, wou dit in die eerste twee minute voorkom asof Paarl hul opponente behoorlik sou seermaak toe die veteraan-vleuel Marco Martin oorgeduik het vir ’n pragdrie.

Die Paarliete het die druk vir die volgende tien minute volgehou en telkemale gedreig om die doellyn vir ’n tweede maal oor te steek.

Paarl het hierna egter lusteloos begin voorkom en groot geskrik toe hul vlugvoetige besoekers skielik gewys het waarom hulle ná verlede seisoen ’n liga geklim het om teen hardebaarde soos Paarl te staan te kom.

St Georges het die bal verwoed begin rondgooi en kort voor lank was hulle twee spog-drieë ryker.

Met Paarl se heelagter Jaco Immelman wat kort voor rustyd gaan druk het, het die spanne gaan rus met die telling op 18-20 in die guns van St Georges.

In die tweede helfte het die geploeter voortgeduur, en was dit ’n taai stryd tussen dié twee spanne om kop bo water te hou.

Paarl kon tydens dié helfte net een drie byvoeg, deur die flank Hennie Zandberg, en moes uiteindelik gelukkig wees om die liga-punte met hul opponente te deel.

Paarl se tweede span het hul eweknieë van St Georges ore aangesit met ’n 31-5 oorwinning.

Paarl se derdes het met 19-3 geseëvier.

Paarl geniet eerskomende naweek ’n loslootjie waarna hulle op 18 April teen Stellenbosch Coronations in ’n weg-wedstryd te staan sal kom.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za