Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Beplan met 'n 'B'

Beplan met 'n 'B'
 
2009-04-16


BEPLANNING is een woord wat beslis nie in die Munisipaliteit se woordeskat is nie.

Dit is weereens bewys toe een van hul vragmotors met ’n hyskraan bo-op, op ’n Dinsdag, net mooi in spitstyd (dit is nou wanneer die skole uitkom), besluit het om in die middel van die Hoofstraat te parkeer, voor die stadsaal, om werk aan ’n banier te doen wat oor die pad gehang het.

Nou enigiemand wat óf soggens die Hoofstraat gebruik, óf 14:00 wanneer die skole uitkom, weet dat die hele gebied daardie tyd in chaos gedompel word.

Nou hoekom, vra ek met trane in my oë, kies die stadsvaders hierdie tyd om so iets te doen?

Dit is byna so erg soos wanneer die vulliswa van die mislikepaliteit Donderdae wanneer Hoër Meisieskool sluit, besluit om in die omgewing van hierdie skool diens te lewer.

En vir diegene wat nie weet wat se kopseer die verkeer in die middae hier is nie - straf jouself en gaan kyk.

Traantjies




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za