EK wil net my misnoeë (en sekerlik dié van vele ander padgebruikers van Tweede Laan) uitspreek teenoor die Munisipaliteit wat niks voel vir mense wat dié pad wat lei na Paarl Primêre Seunskool gebruik nie.
Daar was ’n geruime tyd gelede padwerke gewees (ek is onseker oor wat gedoen is) en na ’n lang tyd daarna is die teer weer opgevul.
Tans word daar weer aan die pad gewerk (dit wil voorkom asof die nuwe teer ook weer oopgekap is), maar dit is nog nie herstel nie.
Daar is groot gate ook in die pad, maar daaraan word niks gedoen nie, hoewel dit ’n ongelooflike besige systraatjie is. Ek wonder wat die Munisipaliteit gaan sê as alle Paarlse motoriste hul voertuie se herstelfakture aan hulle gaan begin stuur? Die Munisipaliteit moet juis nou tydens die skoolvakansie die tyd gebruik om die pad te herstel, terwyl dit stil is. Ek wonder nou net watter skoolvakansie dit sal wees?C de VDie munisipale woordvoerder reageer: Ons werk die afgelope ses maande in die gebied om die elektriese netwerk op te gradeer. Daar moet nog heelwat afrondingswerk gedoen word voordat die projek voltooi is. Ons sal egter die gebied nagaan en opvul waar nodig.