Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Munisipaliteit se optrede maak nie sin

Munisipaliteit se optrede maak nie sin
 
2009-04-16


EK het met groot belangstelling die artikel gelees oor die verskuiwing van plakkers na die Daljosafat- nywerheidsgebied (Paarl Post 09/04).

Die rede is glo omdat die plakkers onder Eskom se hoogspanningsdrade plak en dit onwettig is.

Nou sukkel ek om die kloutjie by die oor te kry – die Munisipaliteit wil ’n moontlike hofsaak en gepaardgaande kostes vryspring deur die mense te verskuif, maar terselfdertyd laat die Munisipaliteit toe dat plakkers onwettige kragaansluitings maak aan die einste Eskom krag.

Kyk gerus hoe die dradenetwerk oor die plakkershutte gespan is - en dit is nie vir die Munisipaliteit “onwettig” of enigsins ’n bron van kommer nie.

Onlangs is in die media berig van ’n kleuter se dood as gevolg van die onwettige kragnetwerkinstallasies wat ’n kortsluiting veroorsaak het.

As die Munisipaliteit die toestande toelaat moet hulle sekerlik aanspreeklik wees vir ongevalle ook en die aanspreeklikheid kan mos ook groot finansiële implikasies tot gevolg hê, waarvoor die belastingbetaler moet help opdok.

Wat ek egter GEENSINS kan verstaan nie is die feit dat ek as belastingbetaler my huis se bedrading volgens voorgeskrewe riglyne en deur gekwalifiseerde elektriese kontrakteurs moet laat installeer voor ek toegelaat word om aan die Munisipaliteit se kragvoorsieningsnetwerk te mag koppel.

Dieselfde geld nie vir elektrisiteitsverbruikers in plakkerskampe nie. Net nog ’n geval van dubbelstandaarde - of is die Munisipaliteit te bang om teen die kruisietrekkers op te tree?

Kragloos




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za