Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verhoging in eiendomsbelasting wek kommer

Verhoging in eiendomsbelasting wek kommer
 
2009-04-16


RAADSLEDE van die DA word oorval deur oproepe van bekommerde inwoners, veral omdat hulle onseker is oor hoe die onlangse waardasie die daaropvolgende belastingaanslag gaan beïnvloed.

Hier is die feite. Die gemiddelde verhoging in die waardasie van eiendomme is 128%, aldus die waardeerder.

Indien die verhoging in die waarde van jou eiendom met meer as 128% gestyg het, sal jy dienooreenkomstig meer as die gemiddelde verhoging in belasting betaal.

Nou hoeveel is die gemiddelde verhoging in belasting? Volgens die munisipale begroting verwag hulle 30% meer inkomste uit hierdie bron (die inkomste uit belasting styg vanaf ongeveer R125 miljoen na R164 miljoen).

Aangesien mindergegoede huiseienaars kwytgeskeld word van belasting kan die publiek maar self hul afleidings maak.

Die middelklashuise se waardestygings was oor die algemeen meer dramaties (veral kleiner huise in hoëdigtheidsgebiede) en baie van dié eienaars kan minstens ’n 30% verhoging in eiendomsbelasting verwag (hoewel die Munisipaliteit aanvoer dat die gemiddelde verhoging per belastingbetaler slegs 7,5% sal wees).

Werk dit maar self uit - vermenigvuldig jou nuwe waardasie met 0,005 (’n halfsent in die rand) en kyk hoeveel jy in die nuwe finansiële jaar sal betaal (deel die totaal deur 12 vir die maandelikse bedrag).

Die persepsie dat “net die rykes betaal” is in hierdie geval nie waar nie.

Gesien in die lig van die huidige ekonomiese klimaat sal die onvermydelike 25% of meer verhoging in elektrisiteit huishoudings en besighede verder erg benadeel.

Die mense van Drakenstein moet nou saamstaan en behoort beswaar teen die begroting aan te teken.Deetlefs du Toit DA raadslid




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za