Musiek in Toringkerk
2005-08-11
SONDAGAAND om 19:30 is daar ’n musiekkonsert in Toringkerk waar die bekroonde musici Matildie Thom (sopraan) en Erik Dip- penaar (orrel) gaan optree.
Die konsert word aangebied deur die Stellenbosch Madrigaalsangers en behels ’n program van 16de-eeuse meestal Engelse madrigale van John Dowland, Thomas Morley en andere, asook solo’s deur lede van die ensemble bestaande uit Erik Dippenaar (orrel), Marelise Fourie (tjello), Chris Coetzee (tenoor), Celia Vos (mezzo-sopraan) en Matildie Thom (sopraan).
Erik sal die Variations sur un Noël van Marcel Dupré (1886-1971) uitvoer, en die ander soliste se programme sluit werke in van Bach, Handel en Purcell.
Toegang is gratis, maar daar sal ’n deurkollekte opgeneem word.
More
News
|