* Vergader. Die VLV Paarl Aandtak vergader vanaand om 19:15 by die Hervormde Kerk in Zionstraat, Paarl.
Chris Smit bied 地 praatjie oor die kweek van Eendaglelies aan. 地 Uitstalling deur Suzanne Meyer-Nell sal ook te sien wees. Kontak Charlotte le Grange by 021-863-1944 of 083-659-6213.
* Bergwedloop. Op Saterdag 18 April om 08:00 word 地 bergwedloop en pretstap in Stellenbosch gehou by Coetzenburg. Daar is 地 12km en 5km bergwedloop met 地 5km pretstap vir die hele gesin. Laatinskrywings teen 地 ekstra koste kan vanaf 06:45 die oggend gedoen word.
Die opbrengste word geskenk aan twee kinderwelsynorganisasies. Skakel Dolf Adendorff by 083-264-6280.
* Tydskrifverhale. Die bekende skrywer Elize Parker gaan saam met die ewe gewilde skrywer van veral spanningromans, Francois Bloemhof, 地 werkswinkel oor die skryf van tydskrifverhale by die Breytenbach-sentrum op 8 en 9 Mei aanbied. Stuur jou eie tydskrifverhaal in teen 20 April na theokemp@breytenbachsentrum.co.za as jy aan die skryfskool wil deelneem. Die kostes beloop R600 per persoon en sluit in ligte verversings en studiemateriaal. Kontak Theo Kemp by 021-873-2786 of besoek www.breytenbachsentrum. co.za.
* Dementia. Do you need support with the care of someone with dementia? The Dementia SA support group will meet on Thursday 7 May at 10:00 at Groenleegte Medical Centre, 11 Camargue Street, Paarl North. The challenges of this condition will be discussed while providing counselling, awareness and support. Contact 021-421-0077/78.
* Literary Festival. With over 45 multiple award-winning authors on the programme, this year痴 Franschhoek Literary Festival (FLF) from 15 to 17 May promises to be a hub of shared creative energy. For the full programme visit the website www.flf.co.za.
* Gholfdag. Die GKS-kantoor (Gemeente-ontwikkeling en Kerklike Samewerking) se jaarlikse gholfdag vind vanjaar op Dinsdag 19 Mei te Boschenmeer plaas.
Afslaantye is vanaf 11:30. Die inskrywingsgelde beloop R1600 per vierbal. Kontak Jackie Swart by 021-957-7202 of stuur 地 epos na go@kaapkerk.co.za.