Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Groot eis ná brand

Groot eis ná brand
 
2009-04-16


DIE bewaringsliggaam CapeNature eis R10,7 miljoen vergoeding van die Stellenbosse Munisipaliteit en die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit weens uitgawes aan brandbestryding tydens ’n brand in Franschhoek in 2005.

Die brand het op Kersdag bokant Langrug-plakkerskamp ontstaan, vermoedelik weens brandstigting deur kinders, en versprei na die natuurreservaat waar meer as 12 000 hektaar fynbos uitgebrand het.

CapeNature se brandspanne het tien dae teen die brand gestry en hulle het volgens persberigte uitgawes van meer as R706 000 aangegaan in die proses, insluitend die huur van ’n helikopter. Die totale eis van R10 miljoen sluit die skade aan die natuurgebied in.

Daar word aangevoer dat Stellenbosch Munisipaliteit nie gesorg het dat daar ’n brandpad tussen die woongebied en die berggebied gemaak is nie. Wynland Distriksraad verskaf brandbestrydingsdienste aan Stellenbosch.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za