DIE Paarl Medi-Clinic bied ’n gratis Kardiopulmonale Resussitasie (KPR) werkswinkel aan op 18 April vanaf 09:00 tot 14:00.
Dié werkswinkel word by Paarl Medi-Clinic aangebied en sal jou leer hoe om KPR (lewensredding) buite die hospitaal toe te pas op ’n volwassene, kind of pasgeborene.
Bespreek by Luzaan Bester by 021-807-8000. Bring jou identiteitsdokument saam. Die werkswinkel word ook op 18 Julie en 17 Oktober aangebied.