Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


HMS prestige konsert

HMS prestige konsert
 
2005-08-11


DIE Hoër Meisieskool Paarl se jaarlikse prestige musiekkonsert vind op Woensdag 17 Augustus plaas in die konferensiesentrum van die Lemoenkloof-gastehuis in die Paarl.

Die program sluit onder meer optredes van die skool se graad 12-leerders wat musiek as vak neem, asook uitvoerings deur die skool se koor, kamerkoor en orkes.

’n Hoogtepunt is die uitvoering van die gewilde sanger, Josh Groban, se treffer “You raise me up”, wat deur die skool se twee kore en orkes uitgevoer word met Liamé Deminey as solis. Liamé is ’n graad-12 musiekleerder by HMS.

Daar is ’n beperkte getal sitplekke beskikbaar vir die konsert. Kaartjies teen R20 (kinders R15) is beskikbaar by die skool se sekretaresse (872-1730).



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za