Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Amfiteater bied puik produksies vir Desember

Paarl Amfiteater bied puik produksies vir Desember
 
2005-08-11


’n PUIK program word hierdie Desember in die Paarl Amfiteater aangebied en die promotor, Gerhard Meyer, het daarin geslaag om top-vermaaklikheidsterre Paarl toe te lok.

Diegene wat al van die vorige konserte bygewoon het kan nie uitgepraat raak nie oor die wonderlike atmosfeer in die amfiteater wat nou vir die eerste keer gereeld benut word.

Op Saterdag 3 Desember is dit die “Simon & Garfunkel” vertoning van die bekende sangduo Coleske. Meer as 60 000 mense het reeds hierdie produksie gesien elders in die land.

Sondag 4 Desember is daar ’n baie spesiale Kerskonsert met Jannie Moolman, Lucas Maree, Coenie de Villiers en Mathys Roets.

Hierdie konsert is ten bate van die Strooidakkerk in die Paarl.

’n Week later, Saterdag 10 Desember, is dit weer die beurt van “Drie van die Bestes” met Kevin Leo, Danie Niehaus en Mathys Roets.

Die program word op Vrydag 23 Desember afgesluit met Afrikiti, wat die grootste Afrikaanse produksie ooit is met sterre soos Rina Hugo, Sibongile Khumalo, Hi 5, Soli Philander en Nina Swart.

Al die vertonings is met ’n orkes en die vertonings gaan van uitstaande gehalte wees.

Sestien Paarl wynkelders het reeds bevestig dat hulle die aand daar sal wees.

Daar is nog kosstalletjies beskikbaar en besprekings vir dit kan by 872-1002 gedoen word.

Die pryse per vertoning wissel van R55 tot R125 elk. Die besprekings het reeds geopen en kan by De Oude Paarl Hotel gedoen word of telefonies by 872-1002.

Die komende produksies, wat etlike honderdduisend rand beloop, is moontlik gemaak deur die borgskappe van Liquifruit, Tygerburger, De Oude Paarl Hotel, Paarl Vallei Motors en Intermedia.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za