Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Red ’n lewe – skenk bloed

Red ’n lewe – skenk bloed
 
2009-04-16


DIE Westelike Provinsie Bloedoortappingsdiens nooi belangstellendes om te verseker dat die provinsie se bloedvoorraad stabiel bly.

Die provinsie se hospitale en klinieke benodig daagliks ongeveer 700 eenhede bloed. Gedurende vakansietye, soos in April, is die druk op voorraad nóg hoër weens die feit dat baie gereelde skenkers met vakansie weggaan.

Daar word dus ’n beroep op huidige skenkers én diegene wat nog nooit geskenk het nie, gedoen om gedurende hierdie tyd te skenk.

Veral Groep O-bloed persone is gesog, aangesien daar tydens tye van verhoogde verbruik van bloed groter druk op nood-bloedvoorraad geplaas word, wat hoofsaaklik uit Groep O-bloed bestaan.

Enige persoon ouer as 17 jaar, wat meer as 50kg weeg en ’n gesonde, veilige leefstyl handhaaf, kan bloed skenk. Skenkers moet onthou om te eet voor hulle die kliniek bywoon.

Diegene wat belang stel om te skenk kan die WP Bloedoortappingsdiens by 263 Hoofstraat, Paarl besoek.

Vir meer inligting, kontak die WP Bloedoortappingsdiens by tel 021-871-1030.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za