Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gekoringde vrou agter tralies

Gekoringde vrou agter tralies
 
2009-04-16


’n VROU het verlede Woensdagaand chaos gesaai in Paarl se Hoofstraat, toe sy die pad byster geraak het in haar duur Audi A4 motor.

Die vrou was na bewering onder die invloed van drank, nadat sy glo 12 bottels wyn saam met vriende verorber het by ’n kuierplek in Hoofstraat.

Toe sy uiteindelik besluit het dat dit tyd is om haar pad huis toe te vind het sy egter met haar motor in ’n stilstaande Mercedes Benz vasgejaag. Die slag hiervan was so geweldig dat die splinternuwe Mercedes op sy beurt teen ’n Bantam bakkie vasgeploeg het.

Die 44-jarige vrou is op die toneel deur die polisie in hegtenis geneem en hulle is na die Paarl Hospitaal waar bloedtoetse op die verdagte uitgevoer is.

Hierna was ’n polisiesel die res van die nag haar tuiste.

Sy sal op 7 Mei in die Paarl Landdroshof verskyn wanneer sy waarskynlik aangekla sal word van dronkbestuur.

’n Woordvoerder van die polisie het gesê dat hulle geen verdraagsaamheid toon teenoor diegene wat onverantwoordelik op die paaie bestuur nie.

* A woman who was presumably under the influence of alcohol, smashed into another car after leaving a pub in Paarl’s Main Street.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za