Liefdesverhaal by New Orleans
2005-08-11
DIE musiekblyspel, “Die Six - ’n Love Story”, word van 24 tot 27 Augustus deur New Orleans Sekondêr in die Paarl aangebied. Dit vertel die storie van die Havanaboys en die Strikers.
Die twee “gangs” sit nie langs dieselfde vuur nie. As hulle gebots het, was daar oorlog - oorlog wat die lewe van almal in Die Six moeilik gemaak het.
Die Six vertel die storie van Astrid wat geglo het dat sy die geweld tussen die gangs kon keer.
Sy het geglo dat die liefde hierdie onnodige haat kon keer. Maar was sy reg?
Het haar plan ’n oplossing gebring vir Die Six, het haar plan vrede gebring? Kom kyk wat die antwoord is.
Kom deel in die wonderlike wêreld van die teater, waar drama, musiek en dans die lewe van die mense in Die Six uitbeeld - ’n ervaring wat jy nooit sal wil vergeet nie!
Die stuk word in die skoolsaal aangebied en begin om 19:30. Op 24 Augustus is daar ’n voorskou vir leerders (R10), en op 25 Augustus is daar ’n gala met kaas en wyn (R50). Die vertonings op 26 en 27 Augustus kos R25.
Kaartjies is by die skool beskikbaar.
More
News
|