Vertonings by Breytenbach-sentrum
2009-04-16
DIE Breytenbach-sentrum se Bôrdienghuis-teater op Wellington bied eerskomende Saterdag om 10:00 ’n klassieke sprokie aan wat oud en jonk sal boei. Die oorspronklike sprokie van Sneeuwitjie is geskryf deur die Broers Grimm, en Gaerin Hauptfleisch het dit verwerk tot ’n vermaaklike verhoogstuk. Om die verhaal te vertel word al die pyle in een van die karakters, Faktotum Fourie, se koker gebruik. Ligte, poppe, klankeffekte en Fourie se gebruiklike doen-dit-self talente word ten toon gestel om Sneeuwitjie en die sewe dwerge te red van die nare Koningin en haar praatsieke spieël. Daar is ook sprake van ’n Prins, as die Koningin hom nie reeds uitgesorteer het nie. Regisseur Gaerin Hauptfleisch is al bekend vir sy prettige “panto-mini’s” soos Aswoestertjie en Sneeuwatjie. Kaartjies is R30. Bespreking kan gedoen word by 021-808-2901 of jy kan ’n e-pos stuur na teater @breytenbachsentrum.co.za of klik op www.breytenbachsentrum.co.za. * Die bekende sanger Koos Kombuis is op 23 en 24 April by die Breytenbach-sentrum te sien waar hy in die Bôrdienghuis-teater sal optree om 20:00.Kombuis skryf dat hy weer in Wellington wil optree omdat hy soos Breyten Breytenbach ook hier op skool was en dat dit daarom niks minder as reg is dat hy weer na sy ‘roots’ moet terugkeer nie! Tydens hierdie konsert sal Kombuis ’n keur van ou en nuwe liedjies uit sy musiekloopbaan sing, asook ’n paar splinternuwes wat nog nooit op CD opgeneem is nie. Kom geniet ’n aand van opwinding en nostalgie. Vir meer inligting, kontak 021-873-2786, of besoek die webtuiste www.breytenbachsentrum.co.za of stuur ’n e-pos na theokemp@breytenbachsentrum.co.za.
More
News
|