Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Rugby- streek brei uit

Paarl Rugby- streek brei uit
 
2009-04-16


DIE Paarl Rugbystreek brei vanjaar uit met twee voormalige klubs van Boland wat by die Paarl Rugbystreek aansluit.

Verskeie klubs het by die WPRFU aansoek gedoen om by die Paarl Rugbystreek aan te sluit en na onderhandelinge en goedkeuring van die uitvoerende bestuur van WPRFU het Simondium en Pêrel United die ja-woord gekry.

Simondium het ontstaan nadat ses klubs wat aan die landelike kompetisie van Boland deelgeneem het, saam gesmelt het om Simondium te word.

Dié span word afgerig deur die legendariese oud-Boland en Saru-speler, Ivan Jacobs.

Hoewel Young Standards vir Simondium met ’n 40-5 oorwinning verwelkom het in hul eerste liga-wedstryd, word daar groot dinge verwag van die liga-nuwelinge - dit is bewys toe Simondium se tweede span ’n oorwinning behaal het oor die gevestigde tweede span van Standards.

Simondium se juniors word gevoed uit skole vanuit die Simondium omgewing. Dié jongklomp se wedstryde teen Young Standards se junior spanne was redelik gelykop.

Die ander nuweling, Pêrel United, is ’n onbekende faktor in die Paarlstreek. Dit is egter geen geheim nie, dat hulle staatmaak op aanvallende hardlooprugby.

Die verwagting sover is dat Pêrel United groot vriende gaan maak met hul aanvallende rugby, aangesien Young Gardens twee naweke gelede met ’n 43-13 oorwinning vorendag gekom het.

Na dié nederlaag weet Pêrel United egter nou presies watter uitdaging die Paarl Rugbystreek vir hulle gaan bied.

Beide nuwe klubs beskik ook oor drie junior spanne wat in die Paarl junior streekkompetisie ingeskryf is. Heelwat junior spelers is ook genomineer vir die Paarl Rugbystreek se junior proewe, met die oog daarop om ’n Junior Paarl Streekspan te kies wat in ’n junior WPRFU kompetisie gaan deelneem.

Die Paarl Rugbystreek se wedstrydbepalings vir Saterdag 18 April, is: Young Standards teen Laer Paarl (Daljosafat C); Violets teen Pèrel United (Daljosafat D); Riverstones teen Vineyards (Daljosafat-stadion); Windmeul United teen Young Gardens (Windmeul Primêr); Simondium teen Allandale (Daljosafat A).

Junior wedstryde begin 10:00 en word gespeel op dieselfde velde waar die senior spanne speel. Toegang vir juniors is gratis.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za