Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vermaak vir kinders by Ou Meul

Vermaak vir kinders by Ou Meul
 
2009-04-16


DIE kinderteaterstuk Die Mannetjie is Saterdag om 10:00 te sien by die Ou Meul-teater.

Oud en jonk sal saam kan lag, sing en dans wanneer Die Mannetjie met sy vreemde streke begin! Die arme prinses word ampertjies in ’n lokval gelei, maar gelukkig help haar slim diensmeisie haar en trek hulle hom net betyds vas.

“Wonder of julle kan raai wat sy naam is? Ag toe, probeer? Wat is my naampie, meneer?”

Die slinkse meulenaar se weduwee en die gierige koning beraam plannetjies om goud uit strooi gespin te kry.

Hierdie produksie spog met kleurvolle kostuums, helder dekor, heerlike musiek en ’n paar dure lesse hier en daar. Kaartjies is R35. Kontak 083-708-4917.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za