STERLING EQ, een van die mees gesogte groepe in Suid-Afrikaanse vermaaklikheidskringe, is Saterdag om 19:00 te sien by die Ou Meul-teater.
Hierdie instrumentele supergroep het ’n wye spektrum van gehore gaande met hul skouspelagtige vertoning van virtuositeit en energieke verhoogspersoonlikhede.
’n Subtiele, dog herkenbare Afrika-geur dra daartoe by dat Sterling EQ een van die mees unieke musiekgroepe is, wat nasionale en internasionale belangstelling lok.
In kombinasie met hul asemrowende voorkoms en futuristiese elektriese snaarinstrumente, is Sterling EQ eenvoudig onweerstaanbaar en ’n moet om te sien!
Kaartjies is R80 per persoon. Vir besprekings en meer inligting, kontak Celeste by 083-708-4917.
Besoek www.sterlingeq.co.za vir ’n voorsmakie van die vertoning.