Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Larries tree op

Larries tree op
 
2009-04-16


DIE Hoërskool La Rochelle bied die toneelstuk Steel Magnolias aan by die Ou Meul-teater op Vrydag 24 April en Saterdag 25 April, onder spelleiding van Celeste Loriston.

Alle drama-leerders van La Rochelle is betrokke by hierdie produksie, hetsy op tegniese gebied of met spel.

Hierdie projek leer die leerders dat die teaterwêreld nie net uit toneelspel bestaan nie, maar ook baie belangrike tegniese elemente bevat om die finale produk op die planke te sit.

Steel Magnolias vertel die storie van die lief en leed van ses vroulike karakters, Anel, Truvy, Clairee, Oiuser, M’Lynn en Shelby. Die vroue van staal se vriendskap help hulle deur moeilike tye.

Ons sien hoe die krag van vrouwees enige gebroke hart kan help heelmaak en genees.

Kaartjies vir Vrydag 24 April is R100 en sluit ’n vingerete en wyn in. Kaartjies vir Saterdag 25 April is R40.

Kaartjies kan bespreek word by La Rochelle by 021-872-4367.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za