EK wil net die mense daarteen waarsku om ’n verskaffer vooruit te betaal vir ’n diens wat dalk nooit gelewer gaan word nie.
Na verskeie navrae het ek besluit om van Eezy Lawn van Strand gebruik te maak aangesien hul glo die hele pakket van aflewering, grondvoorbereiding asook kunsmis doen.
Na ’n oproep of twee het ek die geld inbetaal in Reinhard Muller se rekening (3/3) en hom laat weet. Na ’n week en verskeie oproepe en leë beloftes was ek steeds grasloos
Die gras kom toe uiteindelik – maar hoe! Daar was minimale grondvoorbereiding en kompos, en slegs sowat 35 vk meter van die 60 aangevra, is gelê.
Ek skakel en verduidelik van die swak diens, swak werk en gras.
Hy vra vreeslik om verskoning – sy voertuie is glo buite werking! Hy sal dit kom regmaak – ek moet hom net nog twee dae gee.
Tot vandag toe het hy nog geen kontak gemaak of enige verdere gras kom lê nie.
Moedeloos gewag