Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Restaurant stel teleur

Restaurant stel teleur
 
2009-04-23


IN Februarie het die eienaar van die Paarlse restaurante Perola en Meat on Main, Carlos, ingestem om ons wyn in sy restaurant Meat on Main, te verkoop.

Ek het die wyn gaan aflewer en Rayan het beloof om sommer dadelik ’n internetbetaling te maak.

Teen Maart was daar nog niks en ek het begin oproepe maak, uiteindelik fakse en e-posse gestuur, maar slegs leë beloftes of geen antwoord gekry nie.

Carlos was net nooit beskikbaar nie, en al het Karin van Perola beloof dat Carlos sal betaal/terugskakel, het hy uiteraard nooit.

Natuurlik het hy al toe besef dat sy restaurante in die moeilikheid is en wou nie skuld betaal nie.

Aan Carlos en al die ander bedrieërs met gladde monde en vriendelike glimlaggies: Sies, julle steel van ons wat met moeite en baie liefde die beste wyn maak.

Hoe sou jy daarvan hou as ons nie ons rekening vereffen het elke keer wanneer ons en ons vriende by jou restaurante kom eet het nie? Het iemand daar buite dalk vir my enige raad?Geskok




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za