Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hartseer tog baie dankbaar

Hartseer tog baie dankbaar
 
2009-04-23


SOWAT 15 jaar gelede het ek as groentjie vanaf Kovsieland in die Paarl gearriveer en was gelukkig om my loopbaan by die destydse Paarl Drukpers te begin.

Binne enkele dae nadat ek die voordeur betree het van die gebou in Jan van Riebeeckweg, was dit heerlik om as ’n jong en onervare student die besigheidswêreld te betree in ’n familiebesigheid wat tot stand gebring is deur die Retiefs.

Oom Nico Retief het ook nog daardie tyd geleef en soms kom inloer by sy twee talentvolle seuns Nicol en Lambert by wie ons elke dag iets kon leer van besigheid asook van menseverhoudinge tussen ’n kollegaspan soos een groot “drukpersfamilie”.

Binne ’n jaar of wat het die drukpers en web so vinnig uitgebrei dat die drukpers na die Dal verskuif het waar ’n brand Vrydagoggend in ’n tragedie ontaard het.

My hart gaan uit na elkeen van die Paarl Print “drukpersfamilie” wat in die dae oorval is met rook en roet asook ’n stortvloed van trane met die verlies van ’n geliefde of kollega.

Weet net jou verlies het wonderlike tye en ervarings beleef saam met die “drukpersfamilie” en sal net soveel by die werk as by sy/haar huis gemis word.

Al is ek vir ’n paar jaar nie meer daagliks betrokke by die drukpers nie, voel dit of ek ook iemand in dié dae verloor het – iemand wat die fondasies van my loopbaan gelê het, iemand by my werk of ’n familie wat ek nie vandag ken nie, maar voel ek moet ken as gevolg van al my goeie herinneringe.

Mag julle vertroos word op ’n manier wat tans nie denkbaar moontlik is nie en weer vreugde vind in julle daaglikse taak by Paarl Print. Baie sterkte.Anna-Mart Rust (née Marais)




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za