Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gru-dood langs pad

Gru-dood langs pad
 
2009-04-23

Lise Beyers

INWONERS van Groenheuwel is geskok nadat ’n pensionaris grusaam gesterf het en sy vrou ernstig beseer is, toe hulle op die sypaadjie in Simfonielaan, Groenheuwel, deur ’n voertuig getref is.

Tommy Kilowan (63) en sy vrou Nettie (64) was onderweg na hul huis in Geraniumlaan, nadat hulle ’n huisdiens in Chicago bygewoon het.

Volgens ooggetuies het twee motors teen mekaar gejaag in Simfonielaan. Toe hulle by die draai kom voor Bachstraat. het die bestuurder van die Nissan bakkie beheer oor die voertuig verloor.

Die voertuig het die Kilowans tot binne-in die erf van ’n woning gestamp.

Tommy het op die reling van die voorstoep te lande gekom, en Nellie op die stoep. Hy is op slag dood.

Nellie is na Tygerberg Hospitaal geneem met ses beenbreuke. Sy het gister ’n operasie ondergaan.

Haar toestand word as ernstig maar stabiel beskryf.

’n Jong man is in hegtenis geneem. Hy is na Paarl Hospitaal geneem om bloedtoetse te ondergaan om vas te stel of hy onder die invloed van drank bestuur het.

Hy verskyn vandag in die Paarl Landdroshof op aanklag van strafbare manslag.

’n Dogter van die Kilowans, Cheryl Vermeulen, het gesê dat dit ’n tragiese gebeurtenis is.

“My ouers sou nooit ’n muis skade aangedoen het nie.” Hulle het só daarna uitgesien om vandag te gaan stem.

“Ek kan nie glo dat mense steeds so erg hier jaag nie. Daar is orals spoedhobbels, maar hulle maak net wat hulle wil.

Tommy het voorheen vir British American Tobacco gewerk en het ’n paar jaar gelede afgetree.

Hy word oorleef deur sy vrou, nege kinders, asook kleinkinders en agterkleinkinders.

* An elderly man was killed when he was knocked down next to a road in Groenheuwel.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za