Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Munisipale werkers gevang met kabels

Munisipale werkers gevang met kabels
 
2009-04-23

Lise Beyers

DRAKENSTEIN munisipale werkers is onlangs op heterdaad betrap terwyl hulle op ’n plaas koperkabels gestroop het.

Die Donderdag voor Paasnaweek is ’n groep werkers in ’n munisipale bakkie wat verbonde is aan die elektrisiteitsafdeling na Hartebeeskraal-plaas, naby Boschenmeer. Hulle het beweer dat hulle daar is om takke af te sny om krag-stellasies te bou.

Maar toe plaaseienaar Johan Durr later gaan ondersoek instel het, het hy op hulle afgekom waar hulle die plastiek-omhulsel van kabels stroop, om by die koper uit te kom.

“Die Munisipaliteit kom maak so een keer ’n jaar skoon, en ek was baie verbaas dat hulle op dié dag voor Paasnaweek hier wou werk.

“Daar naby het nog ’n munisipale bakkie gery wat ek nie vroeër gesien het nie. Dit het vinnig verdwyn.

“Hulle het eers die kabels probeer wegsteek deur hulle baadjies daaroor te gooi en dit met stof toe te skop. Toe vertel hulle weer dat dit net ‘off-cuts’ is.”

Durr was nie hierdeur oortuig nie en het dadelik die polisie geskakel. Hy is daarna na sy kantoor om die Munisipaliteit se telefoonnommer na te slaan en hulle te skakel. Met sy terugkeer na die toneel was die polisie reeds daar, maar die munisipale werkers het die kabels tussen bosse weggesteek. Hulle het ook ontken dat hulle enige kennis van die kabels dra.

’n Munisipale beampte het ook aangekom, maar toe daar aan hom verduidelik is wat die situasie is, het hy gesê dat “Durr dit maar moet los, want daar sal niks van kom nie.”

Die polisie het ook geen saak gemaak nie, want die oorsprong van die kabels kan nie bevestig word nie.

Tussen die bosse is gereedskap gevind wat gebruik word vir die stroop van kabels.

Die munisipale werkers se gereedskap vir die afsaag van die bome was die hele tyd steeds agter op die bakkie, en daar was geen teken dat dit ooit gebruik is nie.

Die kabels wat gestroop was, is splinternuwe dik koperkabels wat vir industriële doeleindes gebruik word, met ’n waarde van ongeveer R1000 per meter.

In die geval dat munisipale kabels vervang word, moet hulle die ou kabels by die munisipale stoor ingegee.

Daar word ’n geruime tyd al beweer dat goedere uit die munisipale store verdwyn, waaronder gereedskap, kabels en selfs diesel. Volgens ’n munisipale woordvoerder is ’n klag by die polisie gelê en word ondersoek ingestel.

* Municipal workers were caught red-handed stripping copper cables on a local farm.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za