Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Haastige manne vat vas

Haastige manne vat vas
 
2005-08-11


JY moet jou vlug ken as twee jong, fikse konstabels van die Paarl op jou hakke is.

Dis wat drie inbrekers Sondag tot hul spyt uitgevind het toe hulle ewe verwaand deur ’n oop voorhuisvenster in Klein Parys geklouter het.

Wakker bure het die petalje aanskou en onmiddellik die Paarl polisiestasie geskakel.

Konstabels Ivan Cupido en Mjikelwa Mgqantsa was op patrollie toe hulle die noodroep gehoor het.

“Ons het dadelik na La Fayettestraat gejaag en sowaar, daar spring die mannetjies by die venster uit,” het konst Cupido vertel.

“Die bure was wonderlik. Hulle het op ’n ry vir ons beduie - oor dié muur, en toe oor daai muur.

“By die derde muur het ons hulle vasgekeer - nog met twee gesteelde selfone in die sak.

Edmund Meyer en sy gesin is baie dankbaar vir die vinnige optrede van die polisiemanne en die oplettendheid van hul bure.

Die verdagtes - 11 en 12 jaar oud - sal nie sommer weer in hul straat sukkel nie, meen die Klein Parysers.

Vir konst Cupido is die gehardloop agter verdagtes niks nuut nie.
Verlede Saterdag, toe hy in Lady Greystraat op patrollie was, moes hy ook hakskene lig.

Hy het gehoor omstanders skree dat twee mans met gesteelde beursies weghardloop.

Die konstabel het hulle agternagesit, teen die Bergrivier Boulevard vasgegryp en die beursies teruggekry.

En hy het nie eens swaar asem gehaal nie. Hoekom sou hy, hy kry genoeg oefening. En hy is immers van kleins af ’n “haastige mannetjie”, het sy ma altyd gesê.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za