Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


’n Dag van heldedade

’n Dag van heldedade
 
2009-04-23

Lise Beyers

TALLE werknemers van Paarl Print het onbaatsugtig opgetree en hul eie lewens op die spel geplaas om Vrydag kollegas na veiligheid te help bring.

Stories van heldedade sal nog vir ’n geruime tyd instroom, soos wat werknemers die tonele van dié noodlottige dag herleef.

Gerard Mans en Thys de Vries het albei die hooogste prys betaal toe hulle van veiligheid teruggedraai het om vir Marcelle Basson, ’n asmaleier te probeer red. Aldrie is egter saam dood gevind binne ’n kantoor.

David Engelbrecht wat in ’n werkswinkel langs die bindery gewerk het, het ook teruggedraai vanaf veiligheid en die brandende gebou weer getakel.

“Ek het ’n groot slag gehoor en mense hoor skree. Iemand het geskree dat ons die gebou moet verlaat, maar ek het teruggedraai om te sien of daar nie nog mense binne is nie.

“Toe ek uiteindelik weer na buite kom, het ek weer omgedraai, en in die gang het ek vir Sharon Adonis sien strompel. Sy het gebrand en ek kon sien dat sy erg beseer was.

“Ek het my hemp uitgetrek en teruggehardloop na haar toe en die vlamme hiermee probeer doodslaan.

“Die velle het van haar liggaam gehang en ek het vir haar na veiligheid gehelp. Iemand het haar toe dadelik na die hospitaal geneem.”

Engelbrecht is diep getref deur die gebeure en ontvang tans berading.

Trevor Fredericks, wat ook in die bindery-afdeling werk waar vier mense hul lewens verloor het, het gesê dat toe pandemonium uitbreek, het hy en van sy kollegas soveel mense moontlik na veiligheid gehelp, voortdat hulle self die perseel verlaat het.

“Ongelukkig het die rook onuithoudbaar geraak en ons moes ons eie pad na veiligheid vind.”

Deon de Jager, bindery-bestuurder, het van die staanspoor af personeel bygestaan om die uitgange te bereik. Later die dag was sy gesig donker van die roet.

Frans van Wyk het in die hospitaal beland nadat hy twee mense na veiligheid gebring het.

Brett Lunt, wat nie eens op die perseel werk nie, het na die toneel gesnel om te help, en Precious Mjoli het haar bes gedoen om mense orals in die gebou van die brand te verwittig.

As dit nie vir dié talle weldade was nie, sou die dodetal sekerlik hoër gewees het.

* Many people risked their own lives to save others during the fire at Paarl Print on Friday.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za