Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hillcrest United deel louere met Hawston

Hillcrest United deel louere met Hawston
 
2009-04-23


IN ’n wedstryd wat die manne van Wellington eintlik maklik moes beklink het, het verbete verdediging deur hul teenstanders en talle hanteerfoute amper Hillcrest United se ondergang beteken in hul 20-elk uitslag teen Hawston.

Die rustydtelling was 14-13 in Hawston se guns.

Hillcrest se André Andrews het die spelers van Hawston raadop gehad met sy kronkellopies vanuit die agterste linie.

Die heelagter het sodoende etlike meters veld gewen.

Gebrekkige aansluiting deur mede-spanmaats, verkeerde opsies en hanteerfoute het verhoed dat Hillcrest talle drieë aanteken.

Jeremy Koukom se drie het begin vanaf ’n aanval wat begin is deur A Andrews. Hillcrest se losskakel, Conroy Gertse, het met dié doelskop en twee strafskoppe geslaag.

In die tweede helfte het die tuisspan se skrumskakel met twee puik strafskoppe vanuit sy eie helfte geslaag.

Oorhaastigheid en die afwyking van die wedstrydplan het byna tot Hillcrest se ondergang gelei en beserings in die agterlyn het die span totaal ontwrig.

Gerswin Heugh het egter na talle fases deur Hillcrest skitterend afgerond om die telling 20-18 te maak in Hawston se guns.

Die jong Reimero Fortuin het, ten spyte van die uitjouery deur die tuisskare, ’n strafskop sekuur deur die pale geklits om die eindtelling 20-20 te maak.

Hillcrest speel eerskomende naweek in ’n wegwedstryd teen Atlantics van Hermanus. Die afrigters van Hillcrest sal met die opbou van dié kragmeting beslis aandag moet gee aan die lynstane en afronding van hul span.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za