Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Rugbyklub knak Coronations

Paarl Rugbyklub knak Coronations
 
2009-04-23


DIE Paarl Rugbyklub het Saterdag ’n goeie oorwinning van 30-7 behaal oor Stellenbosch Coronations, op Idasvallei in Stellenbosch.

Gedurende die eerste helfte het die span van Paarl weereens gesukkel om aan die gang te kom en kon hulle ’n rustydtelling van slegs 13-0 bewerkstellig na ’n goeie drie in die regterkantse hoek deur die vleuel Steve Nortier.

Die losskakel Jacques Hendricks, wat op die dag ’n foutlose skopvertoning gelewer het, het die res van die punte in die eerste helfte bygedra deur middel van sy skopskoen.

In die tweede helfte het die slot Nico Pretorius nog twee drieë gaan druk ná goeie ondersteunende spel.

Hendricks het gesorg vir die res van die punte.

Paarl se skrum was weereens hopeloos te sterk vir die tuisspan, maar soos in vorige wedstryde het die teenstanders dié aspek van die wedstryd geneutraliseer deur skrums af te dwing waartydens die voorspelers nie toegelaat word om teen mekaar te kompeteer nie.

In ander wedstryde het Paarl se tweede span met 41-0 geseëvier.

Paarl se derde span het ’n oorwinning van 28-0 behaal.

Paarl se o.20’s het in hul eerste ligawedstryd van die jaar ’n maklike oorwinning van 24-6 behaal, in haglike omstandighede in Wetton, oor Violets.

Die Paarliete het sodoende vyf ligapunte ingesamel.

Paarl speel Saterdag op die Boy Louw-sportgronde teen Scottsdene vanaf 13:30. Die o.20’s speel Vrydagaand om 19:00 teen Helderberg op Faurestraat-stadion.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za